As jy ooit weer soek na skoonheidsidees, gaan loer net op Instagram! Van stap-vir-stap-aanwysings tot speelse aanhalings - hiér is ons ses gunsteling- Instagram-blaaie om te volg vir skoonheidsinspirasie.

Maybelline @maybelline

Ons is mal oor dié skoonheidshuis se “een foto”-skoonheidswenke en inspirasie! Naels, oë, gesig, lippe – iets van alles word gedeel, asook speelse aanhalings om skoonheidsliefhebbers se dag op te helder.

maybelline instagram

The Beauty Department @thebeautydept

As jy hou van stap-vir-stap-aanwysings is The Beauty Department se Instagram-blad perfek. Daar word gereeld foto’s met maklike visuele aanwysings gedeel sodat jy nooit weer raadop voor die spieël hoef te staan nie.

thebeautydept instagram

Alexa Chung @chungalexa

Die model Alexa Chung is bekend vir haar unieke styl. Ons hou daarvan dat sy gereeld haar stylvolle skoonheidsvoorkomste, rooi lippe en swart-en-wit foto’s op haar Instagram-blad deel.

alexa chung instagram

Loer na die Saartjie-modeblog op Instagram

Melinda Bam @melindabam

Die voormalige Mej. Suid-Afrika deel onder meer bemoedigende woorde en foto’s van glansgeleenthede. Ons volg haar vir haar natuurlike skoonheid en elegante aandvoorkomste.

melinda bam instagram

Elma Smit @elmakapelma

TV-aandbieder Elma Smit deel graag foto’s uit haar alledaagse lewe en dís hoekom ons haar volg. Put inspirasie uit haar gemaklike en ontspanne voorkoms.

elma smit instagram

Hair Romance @hairromance

Danksy Hair Romance sal jy nooit 'n tekort hê aan haar-idees nie! Dié blog glo dat jou hare jou beste bate is en deel graag stap-vir-stap-haarwenke, haar-inspirasie van die sterre en unieke haar-idees.

hair romance instagram

Volg ook SARIE se eie Instagram-blad by @sarietydskrif!

Nóg skoonheidsinspirasie!