Hulle ontwikkel al vir byna 100 jaar ikoniese skoonheidsprodukte en dié jaar begin Maybelline solank hul verjaardag vier met hul jaarlikse kalender.

Dié skoonheidshuis vier in 2015 hul 100ste bestaansjaar en het besluit om solank die partytjie af te skop deur vanjaar se kalender (Maybelline reik elke jaar 'n beperkte kalender uit) aan hul ikoniese produkte op te dra.

Elke foto is gestileer volgens die dekade waarin die produk bekend gestel is en strek van die heel eerste produk wat in 1915 ontwikkel is, 'n poeier om vaal wenkbroue donkerder te laat lyk, tot hul nuutste Color Tattoo-room-oogskadu's.

Ander gunstelinge wat ook in die kalender vereer word sluit in die gewilde Kissing Potion-lipglans, Great Lash-maskara en Colorsensational-lipstiffies.

* Klik hier vir die agter-die-skerms foto's