Die somer is uiteindelik hier en blompatrone, helder kleure en eilandmotiewe is groot nuus! Nou het die skoonheidshuis Clarins ook ’n Brasiliaans geïnspireerde grimeerreeks bekend gestel – perfek vir die feesseisoen.

Die Colours of Brazil-reeks spog met ’n oogskadu-palet, verbronser, lyfolie, bevogtigende lipstiffies en maskaras en sal vir ’n beperkte tydperk beskikbaar wees. Ons is veral opgewonde oor die Clarins Shimmer Face & Body Oil (R490) waarmee jy jou lyf ’n ekstra tikkie glans vir die aand kan gee. Die Truly Waterproof Mascara in Blue (R265) is ook ideaal om treffende tog subtiele kleur op jou oë te gebruik.

clarins brazilian colours Die Clarins Colours of Brazil-grimeerreeks

Nóg skoonheid-inspirasie uit Brasilië

Brasilië-kleure vir jou naels - lees meer!

Die Clarins Colours of Brazil-grimeerreeks is reeds beskikbaar. Pryse wissel tussen R250 en R550.

Clarins wys hiér stap vir stap hoe om dié treffende grimeerreeks te gebruik.

Mode-ontwerper se kat kry eie grimeerreeks!