Dit gons oor die trots Suid-Afrikaanse fliek Mooirivier wat dié naweek landswyd in teaters begin draai. Die Gautengese première is Dinsdagaand op Potchefstroom gehou en plaaslike sterre het soos altyd hul beste voetjie voorgesit. Hiér is ons gunsteling-skoonheidsvoorkomste wat ons op die rooi tapyt gesien het.  

Rooi lippe

Rooi lippe is altyd ’n gunsteling op die rooi tapyt. Aktrises Amalia Uys en Zetske van Pletzen het gewys dat dié kleur by byna enige haarstyl en uitrusting pas. Probeer: REVLON SuperLustrous Lipstick in Fire and Ice (R130)  

Rokerige oë

Ou-Hollywood-glans het geseëvier en saam met dié voorkoms het baie bekendes ’n rokerige voorkoms vir hul oë gekies. Dié oogskadu-voorkoms is perfek vir ’n aandgeleentheid en ons was mal oor Nadia Beukes en Milan Murray se smeulende oë.

Kry die Mooirivier-rooitapyt-voorkoms in SARIE se Spree-winkel!

Probeer: REVLON PhotoReady EyeShadow in Renaissance (R199.00)

Subtiele lippe

Rokerige grimering plaas die fokus op jou oë. As jy dié voorkoms wil probeer, volg Aletté-Johanni Winckler en Donnalee Roberts se voorbeeld deur ’n sagte pienk of nude lipstiffie saam met jou rokerige oë te dra.

Probeer: REVLON SuperLustrous Lipstick in Cappucino (R130) Bekende parfuum onthul nuwe speelse advertensieveldtog - kyk die video hiér!

Los krulle

Hare wat gemaklik, tog glansryk gestileer is, is dié seisoen internasionaal baie gewild. SARIE se Februarie-voorbladgesig, Leandie du Randt, het groot, los golwe gekies, terwyl René van Rooyen, regisseur en draaiboekskrywer van Mooirivier, kleiner krulle oor haar een skouer laat hang het. Probeer: ghd Style Curl Hold Spray (R195). By uitsoeksalonne

3 wenke om jou brein jonk te hou

Deurmekaar updo’s

As jy daarvan hou om jou hare op te dra, is Anel Alexander en Suzzi Swanepoel se deurmekaar gestileerde krulle perfek vir inspirasie.

Probeer: Toni & Guy Glamour Firm Hold Hairspray (R120). By Clicks

FOTO's: Bekendes pronk met hul bloedjies