Ons almal weet nuwejaarsvoornemens word gemaak net om dikwels weer verbreek te word. Tog is daar vele skoonheidsgewoontes om aan te leer wat sal verseker dat jou vel en voorkoms in 2015 gesond en stralend is.

Hiér is die SARIE-span se sewe skoonheidsvoornemens vir die jaar:

#1 Ons sal luister na ons vel

Dis altyd goed om nuwe velsorgprodukte uit te toets. Só ontdek jy wat die beste vir jou vel werk. Wees net versigtig vir té veel en té vinnig. Dit neem jou vel gewoonlik ’n paar weke om gewoond te raak aan ’n nuwe velsorgproduk. Probeer daarom ’n nuwe produk vir minstens twee tot drie maande voordat jy besluit om oor te skakel na ’n ander een. Maar enige produk wat jou vel rooi of branderig laat voel, moet dadelik gestaak word.

#2 Ons sal waag met grimering Baie van ons weet wat vir ons werk en hou daarby. Tog het ons besluit om vanjaar uit ons grimering-gemaksones te breek en rond te speel met opwindende grimeerskakerings, -teksture en -tegnieke. Rooi lippe, ’n katoog-voorkoms of ’n vurige rooi haarkleur – 2015 is dié jaar om interessante voorkomste uit te probeer!

2015 is dié jaar om interessante voorkomste uit te probeer!

#3 Ons sal ou grimering weggooi

Terwyl jy besig is om te eksperimenteer, is dit die perfekte kans om jou grimering te organiseer en ou produkte uit te gooi. Let op na die vervaldatums van jou skoonheidsprodukte, veral na dié van maskara, jel- en vloeibare oogomlyners, onderlae en vogrome, omdat dié produkte gewoonlik die gouste verval. Jy kan ook produkte wat jy byna nooit gebruik nie weggee aan vriende en familie of dit aan liefdadigheid skenk.

Het jy gehoor? Marilyn Monroe pas aangewys as die nuwe gesig van veteraan-skoonheidshuis

#4 Ons sal ons grimeerborsels was

Grimeerborsels wat gereeld gebruik word, kan vinnig vuil word rooiheid, jeukerigheid en selfs ’n veluitslag veroorsaak. Kweek die gewoonte om jou grimeerborsels gereeld te was. Dis vinnig en maklik, dit hou jou grimeerborsels silwerskoon en sorg dat jou borsels langer hou. Hiér wys ons jou hoe om jou grimeerborsels in ’n kits te was.

Grimeerborsels kan in 'n kits gewas word Grimeerborsels kan in 'n kits gewas word

#5 Ons sal ons lyf en gesig bederf

Ons gaan 2015 ’n jaar van bederf maak. Gereelde gesigbehandelings help met ’n magdom velbehoeftes, soos om donker vlekkies te takel, droë vel ’n vog-inspuiting te gee en die voorkoms van plooie en fyn lyntjies te verminder. Moenie van jou lyf vergeet nie – gereelde afskilfering sorg vir ’n sagte en egalige veltekstuur en bevorder bloedsirkulasie. Daarby is daar vandag talle produkte soos lyfolies en -rome, kerse en bykomstighede beskikbaar waarmee jy maklik ’n spa-gevoel tuis kan skep.

Skilfer só van kop tot toon af Vanuit: SARIE April 2014 Skilfer só van kop tot toon af
Uit: SARIE April 2014

#6 Ons sal ons vel van binne ook voed

Onthou om vanjaar nie net gereeld ’n goeie velsorgroetine te volg nie, maar ook jou vel (en liggaam) van binne te voed met wat jy eet en drink. Voedselsoorte soos groente, vrugte, vars vis en neute bevat waardevolle voedingstowwe wat jou vel se natuurlike kollageenvervaardiging kan aanvul, donker vlekkies kan voorkom en verminder en jou vel se natuurlike glans kan bevorder. Lees hiér oor die top-vyf superkosse waarmee jy jou vel se gesondheid ’n hupstoot kan gee.

Lees hiér alles oor gesigbehandelings (facials)

#7 Ons sal daagliks sonskerm gebruik

’n Goeie sonskerm vir jou gesig is jou belangrikste wapen teen vroeë veroudering. Besluit vandag nog om daagliks ’n sonskerm met ’n SBF van minstens 30 aan te wend. Jou vel sal dankie sê!

Maak sonskerm vanjaar jou beste vriend! FOTO: Instagram @supervalys  Maak sonskerm vanjaar jou beste vriend! FOTO: Instagram @supervalys

FOTO: Prinses Charlene wys haar tweeling!