Met Hollywood se toekenningseisoen goed op dreef kies die SARIE-skoonheidspan elke week ons gunstelinge onder die rooitapyt-voorkomste. Die afgelope naweek was dit die Grammy-musiektoekennings en bekendes is geneig om by dié geleentheid meer waaghalsig met hul mode- en skoonheidskeuses te wees.

Hiér is ons skoonheidswenners vir die aand:

Só klink die beste liedjie van die jaar - luister hiér!

Beste hare

Die TV-ster Kim Kardashian het met ’n splinternuwe lob-haarstyl (lang bob) gespog. Haar sagte golwe is in die kol as een van vanjaar se grootste skoonheidstendense. Hiér wys ons jou hoe om dié gemaklike haarstyl te kry.

Probeer: Kérastase Spray à Porter (R275)SPRAY-A PORTER kerastase’n Grammy vir die ontslape Joan Rivers - lees meer!

Beste oë

Taylor Swift se turkoois oogskadu pas perfek by haar blonde hare en seeblou rok. Dié voorkoms is ideaal wanneer jy met kleur op jou oë wil speel.

Taylor Swift Foto: Jon Kopalof/FilmMagic Taylor Swift Foto: Jon Kopalof/FilmMagic

Probeer: Clinique All About Shadow Quads in Galaxy (R425)

 cinique eye shadow quad galaxyBeste vel

Die 45-jarige sanger Gwen Stefani lyk jonger as ooit vantevore! Ons bewonder haar gesonde, foutlose en stralende gelaat.

Gwen Stefani. Foto: Jason Merrit/Getty Images Gwen Stefani. Foto: Jason Merrit/Getty Images

Die Gary Rom-blog: Kry só Miranda Kerr se 'babylights'

#grammy's #atelierversace #omg gx

A photo posted by Gwen Stefani (@gwenstefani) on

 

Probeer: Clarins Double Serum (R935 vir 50 ml)

Clarins 2

Beste lippe

Ons is mal oor die Britse sanger Jessie J se donkerrooi lippe. Dit pas by die res van haar voorkoms en lyk veral mooi by haar donker hare.

FOTO: Instagram (@isthatjessiej) FOTO: Instagram (@isthatjessiej)

Probeer: Revlon SuperLustrous Lipstick in Plum Velour (R130)

 Revlon_Superlustrous_Lipstick_Plum_Velour_850_HighResBeste wenkbroue

Olivia Culpo, wat saam met die sanger Nick Jonas die Grammy-toekennings bygewoon het, het geskitter met sterk en gedefinieerde wenkbroue wat perfek gepas het by haar subtiele rokerige oë en speelse pienk lipglans.

FOTO: Instagram (@oliviaculpo) FOTO: Instagram (@oliviaculpo)

Olivia se grimeerkunstenaar vir die aand, Troy Jensen, het dié foto op sy Instagram-profiel gedeel sodat jy ook Olivia se voorkoms kan skep.

Probeer: Wet n Wild Ultimate Brow Kit (R45). By Clicks

Ultimate Brow Kit wet n wild

Die swakste geklede vroue by die Grammy-musiektoekennings