Hierdie nuwe konsep uit Amerika gee jou die kans om ’n vinnige, gerieflike en bekostigbare droogblaas in ‘n kits te kry. Ideaal vir daardie dae wat jou hare net nie reg wil val nie en dit nodig is om professionele hulp in te roep.  

Jy betaal R140 ongeag van jou haarlengte of -tekstuur en kan kies om ’n ekstra kopvelmassering (R50) of haarbehandeling (R185) te kry. 

Boonop is hierdie behandelings te kry in heerlike roomys geure:

Vanilla Vir 'n gewone droogblaas met 'n tikkie volume is Vanilla die antwoord.
Rum and Raisin Korter hare wat ekstra oemf kort, sal baat by die Rum and Raisin.
Met die Honey Comb is volume die fokus.
Rocky Road Die Rocky Road sorg vir hope krulle.
Espresso As jy gladde, reguit hare verlang, is die Espresso ideaal.
Amaretto Vir los, gemaklike krulle probeer die Amaretto.
Lemon Twist

'n Elegante opstyl, die Lemon Twist, is vir daardie formele geleentheid.

* Prys: R280

Tutti Frutti

Dogtertjies 10 jaar en jonger se hare lyk pragtig met die Tutti Frutti.

* Prys: R100

* Die eerste Sorbet Drybar maak begin Augustus by die Dunkeld West-winkelsentrum in Johannesburg oop. Besoek www.sorbet.co.za vir meer inligting