Gina sê jy skep kontoere op jou gesig deur met donker en ligte kleure te speel. Jy benodig: ’n dik poeierkwas, ’n blosserkwas met ’n hoek (angled brush), ’n verbronser wat effe ligter as jou veltoon is, ’n verbronser wat effens donkerder is, en blosser.

Stap 1: Berei jou vel voor deur eers ’n basislaag en daarna onderlaag aan te wend. Gebruik dan ’n verbloemer om enige merkies of vlekkies weg te steek. Jou verbloemer moet altyd ’n skakering of twee ligter as jou onderlaag wees.

Dié is die areas wat kontoerlyne moet kry en wat verlig moet word.

Stap 2: Tik eers jou verbronserkwas oor jou hand voordat jy die verbronser op jou gesig aanwend. Dit verseker eweredige aanwending sonder enige strepe. Beklemtoon die natuurlike skaduwees op jou gesig deur die donkerder verbronser hier aan te wend. Maak seker jy gebruik jou kwas in ’n fyn sirkelbeweging om die kleur in te vryf en te skakeer (blend) – anders trek jy harde, onnatuurlike kontoerlyne op jou gesig. Dié natuurlike kontoerlyne word gewoonlik op die volgende dele getrek: haarlyn, tussen jou oogbank en ooglid, weerskante van jou neusbrug, onder jou wangbeen en al langs jou kakebeen af. Gebruik ’n kwas met ’n hoek hiervoor.

Stap 3: Gebruik die ligter verbronser om die volgende dele uit te lig: middel van die voorkop, die gedeelte reg bo en die gedeelte reg onder jou wenkbrou, die hoë punt van die wangbene, die brug van die neus (maar nie die punt van jou neus nie), die kupido-boog van jou lip en aan die kante en punt van jou ken.

Elizabeth Arden se Beautiful Colour Bronzing Duo (R280) is ideaal om ligte en donker lyne op jou gesig te skep.Onthou! Hoe donkerder jou veltoon is, hoe donkerder moet jou verbronser wees. Die Elizabeth Arden Beautiful Colour Bronzing Duo (R280) is ideaal vir kontoere!

Stap 4: Voeg ’n tikkie kleur by met natuurlike blosser op jou wange. Wend dit tussen die kontoere en die verligte areas aan. Warm, aardse kleure is gepas vir as jy ’n donkerder veltoon het, terwyl iemand met ’n ligte vel pragtig lyk met ligte, roserige blossers. Probeer Elizabeth Arden Beautiful Colour Radiance Blushes (R250) in een van ses skakerings.Probeer een van die ses skakerings van New Elizabeth Arden Beautiful Colour Radiance Blushes (R250) om jou gesig 'n tikkie kleur te gee.