1. Oranje lippe – Oranje is die nuwe rooi! Laat jou gesig en oë skitter met ’n oranje-skakering vir jou lippe. Gebruik ook ’n glansende verligter op jou gesig vir die ideale strand-voorkoms.

2. Windverwaaide haarstyle – Winderige weer kan nou tot jou voordeel gebruik word omdat die deurmekaar-haarvoorkoms gróót is. Dra ’n los poniestert of bolla met hare wat sag rondom jou gesig val.

Nóg top trends by die Paryse-modeweek!

3. Pastel oë – Pastelle is steeds gewild. Probeer dié lente helderkleurige oogskadu’s wat liggies aan jou ooglede aangewend is vir ’n sagte voorkoms.

4. Deurmekaar vlegsels – Vanjaar se vlegsel-style is gewaagd én romanties. Boonop is vlegsels ook veelsydig en kan dit vir ’n dag- én aandvoorkoms gedra word.

5. Natuurlike voorkoms – ’n Glansende gelaat, ongetemde wenkbroue en hare met minimale stilering maak dit makliker as ooit om tydens die lente- en somermaande mooi én in die mode te wees.

Die gróót mode-trends vir winter 2014