Dit is vakansietyd en wie wil nou kosbare tyd (of te veel geld) aan jou hare, grimering en velsorgroetine spandeer? ’n Handvol skoonheidskenners deel hul beste wenke - van veeldoelige produkte en ’n eenvoudige grimeerroetine tot goedkoper reisgrootte produkte - sodat jy moeiteloos kan wegbreek – en steeds goed lyk en voel.

Malaika Alf, plaaslike kommunikasiebestuurder van Estée Lauder, Aerin en Tom Ford

Lauder-Malaika-Alf-very-small-bw-142x1801.Wanneer ek vakansie hou, verkies ek haarstyle soos ’n poniestert of bolla. Vir maklike golwe vleg ek my klam hare en maak dit ’n paar ure later los.

2.Ek hou steeds daarvan om te grimeer, maar ek hou dit eenvoudig. Ek noem my vakansie-voorkoms die triple threat: Ek gebruik ’n ligte BB-room pleks van onderlaag saam met maskara en bloedrooi lipstiffie.

Jody Bunkell, plaaslike groep-kommunikasiehoof van Clarins

Jody Bunkell Clarins SA bw1.Ek pak altyd toetsgroottes van verskillende skoonheidsprodukte in wanneer ek reis. Dit neem nie baie plek op nie en jy kan die klein botteltjies of koevertjies ná jou vakansie weggooi.

2.Ek neem so min as moontlik grimeerprodukte saam, gewoonlik net ’n BB-room, maskara en blosser. Laasgenoemde gebruik ek sommer as ’n blosser, oogskadu en lipkleur.

Janine van der Walt, plaaslike handelsmerkbestuurder van Max Factor

Max Factor Janine pic - final bw1.Op vakansie hou ek van praktiese, veeldoelige produkte soos ’n oogskadu-palet met neutrale skakerings, wat sommer ook as ’n wenkbroupoeier dien, ’n verbronser wat jy vir ’n songloed-vel of oogskadu kan inspan, ’n CC-room met ’n SBF (dit bevog en bedek jou vel én beskerm dit teen die son) en ’n koraalkleurige lipstiffie wat ek ook as blosser gebruik.

2.Knoop ’n mooi serp om jou kop in ’n haar-noodgeval. Haarbykomstighede is juis nou in die mode!

Charis van den Heever, SARIE se skoonheidsredakteur

charis bw1.Baie velsorghuise verkoop hul produkte in reisgroottes. Dit is ideaal as jy lig wil reis.

2.Dit is heerlik om jouself te pamperlang as jy op vakansie is. Kyk uit vir produkte wat jy ook as ’n behandeling kan inspan, bv. ’n vogroom wat ook as gesigmasker dien of ’n lyf- of gesigolie wat jy ook as ’n haarbehandeling kan gebruik.