Die bekende mode- en skoonheidshuis Chanel het pas ’n splinternuwe advertensieveldtog vir hul ikoniese parfuum Chanel N°5 bekend gestel. En met die model Gisele Bündchen in die hoofrol en die bekroonde Baz Luhrmann in die regisseur-stoel is dit sowaar ’n bederf!

In dié nuwe advertensie-film is Gisele te sien waar sy onder meer branderplank ry, voor die kamera pronk en haar dogter ’n stywe druk gee. Só beeld sy die moderne Chanel N°5-vrou uit, het Baz Luhrmann, bekend vir rolprente soos The Great Gatsby en Moulin Rouge, asook die Chanel N°5-advertensie waarin Nicole Kidman gespeel het, gesê. “Die Chanel-vrou iemand is wat op haar eie op die strand kan wees, iemand wat saam met haar kinders kan wees, iemand wat ’n ambisieuse en bevredigende loopbaan kan hê, maar terselfdertyd ook ’n romantiese verhouding kan hê.”

Hiér is ’n kort voorsmakie...

Chanel N°5 in ’n neutedop - lees meer!

Anders as Chanel N°5 se vorige romantiese Frans-geïnspireerde advertensie, is dié film modern en veelsydig met ’n tikkie misterie. Boonop word ’n sensuele weergawe van die bekende liedjie “You’re The One That I Want” van die gewilde fliek Grease regdeur die advertensie gehoor.

Kyk hiér na die volledige splinternuwe Chanel N°5-advertensie.

Gisele Bündchen se geheime as supermodel én superma

Vorige gesigte van die ikoniese parfuum Chanel N°5 sluit Brad Pitt, Nicole Kidman en Marilyn Monroe (lees meer hiér) in.

Loer gerus ook na dié twee agter-die-skerms-video's waar regisseur Baz Luhrmann meer vertel oor die kreatiewe denke agter die advertensie-film en die sensuele weergawe van die liedjie "You're The One That I Want".

In die Skoonheidstoor: Parfuum wat ruik (en lyk) soos lente