Ons kan nie aan ’n beter manier dink om die lente te vier as met ’n vars nuwe manikuur nie. Probeer dié blompatrone tuis vir naels wat vrolik lyk. Volg net die stap-vir-stap-aanwysings van Rita Remark, internasionale ambassadeur vir essie.

Jy benodig:

* ’n Klein ovaal akriel-verfkwas

* ’n Bakkie met naellak-verwyderaar

* ’n Stukkie tinfoelie

Kyk hiér na celebs se naelkuns

Stap 1: Berei jou "verfdoek" voor deur ’n deursigtige basislaag op jou naels te verf.

FOTO: essie FOTO: essie

Stap 2: Wend twee lagies wit naellak aan en laat dit droog word.

FOTO: essie FOTO: essie

Stap 3: Drup ’n paar druppels naellak in ’n ligblou skakering op die foelie. Doop dan jou akriel-verfkwas in die bakkie naellak-verwyderaar en daarna in die blou druppels. Tik met die borsel liggies op elke nael om ’n blomruiker-effek te skep.

    Wenk: Deur jou verfkwas eers in die naellak-verwyderaar te doop verdun jy die naellak vir ’n waterverf-effek.

FOTO: essie FOTO: essie

Stap 4: Herhaal stap 3 met ’n ligpers skakering en tik met dié kleur liggies oor die blou blommetjies.

FOTO: essie FOTO: essie

Stap 5: Herhaal weer stap 3 met ’n pienk of oranje skakering.

Stap 6: Maak seker jou blomkuns-patrone is heeltemal droog en rond jou naelkuns af deur ’n deursigtige lagie naellak bo-oor aan te wend.

Lente-tendens: Neon-kleure vir jou naels en lippe - lees meer!

Probeer dié naellak-skakerings:

Sally Hansen Complete Salon Manicure in Clear'd For Takeoff (R90)

essie Nail Polish in Lapis of Luxury (R119). By uitsoekwinkels van Clicks en Foschini

REVLON Nail Enamel in Charming (R100)

Wet n Wild Megalast Salon Nail Color in Undercover (R50). By Clicks

Kyk essie se stap-vir-stap-video vir dié naelkuns-voorkoms hiér