In die Maart-uitgawe van SARIE is ons deur die glansryke Hollywood-toekenningseisoen geïnspireer en verduidelik ons vir jou hoe om drie grimeervoorkomste vir enige glansgeleentheid te skep.

Suzaan Pretorius, ’n haarkenner van Redken, verduidelik hoe jy ook dié opstyl kan skep om jou voorkoms af te rond:

  • Was jou hare en blaas dit reguit droog
  • Neem die boonste deel van jou hare en steek dit bo-op jou kop vas sodat dit uit die pad is.
  • Maak die onderste deel vas in ’n stywe, gladde poniestert in die middel van jou kop.
  • Rol die poniestert om die rekkie om ’n bolla te vorm en steek dit vas met knippies
  • Vat nou die boonste hare en deel dit in seksies wat ongeveer 1cm breed is
  • Pluiskam (tease) elke seksie na voor om volume te skep
  • Bring al die dele na mekaar en draai dit losweg om jou bestaande bolla om ’n groter een te vorm
  • Steek dit vas met knippies en rond af met ’n ligte haarsproei

* Ons gunsteling grimering by die Golden Globes