Afskilfer exfoliate April 2014

Só skilfer jy stap vir stap af

Werk altyd in opwaartse sirkelbewegings (die rigting van jou limfvloei) sodat jy jou limfstelsel stimuleer.

STAP 1: Klim in die stort en maak die afskilferaar tussen jou hande warm.

STAP 2: 1 minuut vir elke been - Begin by jou enkels en beweeg opwaarts tot in die waai van jou knieë.

STAP 3: Beweeg nou na jou bobene en werk boontoe tot by jou lies.

STAP 4: 30 sekondes - Vryf kloksgewys oor jou maag en dan liggies oor jou borste, maar vermy jou tepels.

STAP 5: 15 sekondes vir elke arm - Skilfer jou arms af. Werk weer eens van die onderkant na bo tot by jou oksel.

STAP 6: 30 sekondes - Skilfer die dele van jou rug af waar jy kan bykom. Fokus veral op jou boude omdat selluliet dikwels hier voorkom.

STAP 7: Sodra jy klaar is met jou lyf, skilfer sommer jou hande en voete met dieselfde produk af – veral die bokant van jou hande en jou hakke.

Droogborsel (dry brushing) het ook baie voordele! Lees hier