Valentynsdag is om die draai! Kikker jou naels op en dra die naweek jou hart op jou mou (naels) met dié drie idees.

Fifty Shades of Grey: Die lang wag is byna verby

Eenvoudig

  1. Verf ’n helderrooi skakering op al jou naels buiten jou twee ringvingers.
  2. Wend ’n wit skakering aan jou ringvingers se naels. Laat dit droog word en wend ’n tweede lagie aan.
  3. Gebruik nou ’n vuurhoutjie om ’n klein rooi hartjie op jou ringvinger te maak (ons het gevind ’n vuurhoutjie werk goed as jy nie professionele naelkuns-toerusting het nie). Doop die voorpunt van die vuurhoutjie in die rooi naellak en verf die hartjie deur twee klein kolletjies naellak langs mekaar te maak en dan ’n ‘v’ onderaan die kolletjies te trek.
  4. Laat jou hartjies droogword en wend dan ’n deursigte naellak bo-oor aan.

Kry só jou Mooirivier-rooitapyt-voorkoms

Probeer: Dior Vernis Gel Shine Long Wear Nail Lacquer in Pandore (R315) en Rimmel 60 Seconds Rita Ora Nail Polish in White Hot Love (R60)

Subtiel

  1. Verf twee lagies van ’n ligpienk skakering op jou naels aan en laat dit droog word.
  2. Gebruik weer ’n vuurhoutjie en doop die voorpunt in ’n wit naellak-skakering. Teken dan fyn hartjies hier en daar op jou naels.
  3. Laat jou naels droog word en rond dit af met ’n deursigtige naellak om die kleur langer te laat hou.

Valentynsdag: Maak jou eie origami-boekmerk

Probeer: essie Nail Polish in Urban Jungle (R120) en Sally Hansen Big Shiny Top Coat (R80)

Speels

  1. Verf ’n helderpienk skakering op jou naels en laat dit droog word. Hou een of twee naels skoon.
  2. Wend nou aan jou skoon naels ’n glansskakering soos goud of silwer. Jy kan ook rondspeel en ’n hartjie op een van jou pienk naels maak, of van jou naels goue punte gee.
  3. Sodra dit droog is, wend ’n deursigtige naellak aan.

Ryk Neethling smoorverlief op dié skoonheid - lees meer!

Probeer: Revlon ColorStay Gel Envy Nail Enamel in Royal Flush (R110) en O.P.I Gwen Stefani Nail Lacquer in Love.Angel.Music.Baby (R160)

Jou Februarie in kleur! Kry hiér jou skoonheid-inspirasiebord