STELLA The Print Collection bestaan uit drie verskillende variasies van die 30 ml eau de parfum. Elke bottel is in ’n materiaal (met ’n blompatroon) uit die Stella McCartney 2011-lentereeks geklee. 

Dié parfuum is oorspronklik deur ’n roos geïnspireer, en die note van roos, mandaryn en pinksterroos sorg vir ’n vroulike geur.