"'n Verligter (illuminator) onder jou onderlaag of op sy eie sal jou vel weer sy natuurlike helderheid teruggee," vertel Dior-grimeerkunstenaar Francois Ferreira.

Hierdie produkte bevat mikro-kristalle wat lig weerkaats en lyk byna soos 'n onderlaag, maar is effens pienkerig met 'n deurskynende tekstuur – 'n blosende gelaat in 'n bottel.

¦ Sit weer jou jeugdige gloed terug met Diorskin Nude Glow (R470) of Revlon Age Defying Spa Face Illuminator in Bronze Light (R199).