Christine Buchanan en Louiza Rademan, mede-eienaars van Oh-lief, ’n reeks natuurlike en organiese lyf- en babasorg-produkte, is onlangs as wenners aangewys van die Think Big – Building Business Champions-werklikheidsreeks wat deur Standard Bank en SABC 3 aangebied is. Hiermee het hulle R1 miljoen losgeslaan om hul reeks, wat nou ook internasionaal versprei word, uit te brei.

“Die Oh-lief-storie is inspirerend. Dis gedemonstreer deur omvattende en innoverende denke waarmee hulle hul besigheid na die volgende vlak gaan neem,” sê Ravi Govender, hoof van klein ondernemings by Standard Bank.

Wenk: Kry só jou natuurlike haarpaadjie

Met hul wengeld beoog dié twee suster-entrepreneurs om onder meer hul produksievermoë te verhoog, terwyl die gehalte en uniekheid van hul handgemengde produkte steeds behoue bly. Die reeks het sy ontstaan gehad toe Louiza, net vier jaar gelede, ’n natuurlike balsem vir doekuitslag vir Christine se eerste baba gemeng het. Vandag sê hulle: “Ons wil hê Oh-lief moet die voorste gesertifiseerde natuurlike en organiese handelsnaam in elke huis wees, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook internasionaal.”

Die suster-span wat met hul Oh-lief-produkreeks die Think Big – Building Business Champions-realiteitsreeks gewen het. FOTO: Verskaf Die susters Christine Buchanan en Louiza Rademan wat met hul Oh-lief-produkreeks die Think Big – Building Business Champions-werklikheidsreeks gewen het. FOTO: Verskaf

Só lyk Jennifer Lopez se natuurlike hare - lees meer!

Die handgemaakte Oh-lief-produkreeks bevat olyfolie as basis en word gekombineer met bestanddele soos byewas en avokado-, klapper- en laventelolie. Die produkreeks vir babas bevat verskeie strelende lyfbalsems, terwyl die lyfprodukte onder meer lyfrome, -olies en -waks insluit.

Beskikbaar by uitsoekwinkels landwyd of besoek www.ohlief.com

DIY: Maak jou eie lyfbotter vir ’n sagte vel