Ek het my huidige styl gekies, want my werk as model vereis verskillende voorkomste en ’n skouerlengte-haarstyl is veelsydig. Met die regte stilering kan jy soveel daarmee doen.

Die grootste uitdaging met my hare is om dit volume te gee wanneer ek dit los dra. Ek vind dat my hare tot hul reg kom as ek eers ’n bietjie krul insit en dit dan uitkam.

My gunsteling-haarproduk is Icon se Silk Serum (R100) – dit gee my hare onmiddellik glans. Besoek www.iconhair.co.za