Om jou hare helder te kleur is nou weer groot nuus. En waarom nie? Helder hare is dalk net die ding om jou unieke persoonlikheid te wys. Ons kry haarkleur-inspirasie van Nicole Richie, Ireland Baldwin, Kate Bosworth en Demi Lovato.

Nicole Richie het onlangs die stylikoon Kelly Osbourne (hooffoto) se voorbeeld gevolg en haar lang hare in ’n pastelskakering van pers gekleur.

Volgens Hello! het Nicole eers gekyk hoe sy sou lyk deur ’n foto van haar hare op Photoshop te kleur.

Maar sy het vinnig besluit sy is mal oor dié voorkoms en het haar hele kop pers gekleur! Kyk na die foto wat sy op Instagram gedeel het.

Nicole se pers hare FOTO: Instagram (@nicolerichie) Nicole se pers hare
FOTO: Instagram (@nicolerichie)

Alec Baldwin en Kim Basinger se dogter, Ireland, se blonde hare is ook nou pers gekleur. Kyk dié foto's wat Ireland op Instagram van haar hare gedeel het.

Die sangeres en aktrise Demi Lovato hou self van helder hare. Sy het haar donkerbruin lokke eers blou gekleur en het dit onlangs pienk gemaak! Haar aanhangers is mal oor dié gewaagde haarstyle - hulle kan nie daaroor uitgepraat raak op sosiale media nie.

Aktrise Helen Mirren is verlede jaar ook met pienk hare op die rooi tapyt gesien

Kate Bosworth het self ’n drastiese nuwe haarkleur gekies. Die blonde aktrise het haar  hare rooi gekleur! En ons dink dit lyk pragtig by dié pasgetroude! *Kyk hier na haar pragtige troue

Volgens Daily Mail het sy dié verandering gemaak vir ’n nuwe fliek waarin sy en die rooikop-aktrise Julianne Moore ma-en-dogter speel. Alec Baldwin gaan haar pa in dié fliek, Still Alice, speel. Sy het dié foto op Twitter gedeel.

kate bosworth hareWil jy dié tendens probeer? Doen dit so!

Lees SARIE se ABC van tuishaarkleur vir nuttige wenke om jou hare by die huis te kleur

1  Bleik jou hare

Tensy jy wit-blonde hare het, sal jy jou hare met bleikmiddel moet ligter maak - anders gaan die helder skakering nie sigbaar wees nie. Dít is nie so eenvoudig soos dit klink nie, daarom moet jy mooi weet wat jy doen. As jy twyfel, gaan liewers na ’n haarkapper toe.

2  Maak dit wit

Wit is die beste basis om helder haarkleur op aan te wend. Ongelukkig maak die bleikmiddel jou hare geel en nie wit nie. Gebruik ’n pers sjampoe of opknapper om jou hare wit te maak (dis beskikbaar by haarsalonne en sommige winkels wat skoonheidsprodukte aanhou).

3  Kleur jou hare helder

Kies ’n skakering vir jou hareen kleur dit dan so. Onthou om elke keer wat jy jou hare was opknapper aan te wend om die kleur te beskerm. Probeer ook om nie elke dag jou hare te was nie, aangesien helder haarkleur gewoonlik vinniger uitwas.

BRONNE: Hello!, Daily Mailwikihow.com

WAT DINK JY? SAL JY JOU HAARKLEUR SO DRASTIES VERANDER? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!