“Hoe jy oor jouself dink en voel, het baie te doen met die geur wat jy kies – daarom is 'n vrou nooit ten volle aangetrek as sy nog nie haar parfuum aan het nie,” sê Charlene Weidner, direkteur van Comfort Zone SA. Eksperimenteer met 'n uitdagende maar tydlose parfuum soos Ralph Lauren se nuutste, Notorious (R800 vir 50 ml EDP). Hierdie parfuum is geïnspireer deur die sexy en misterieuse vroue van die goue era van die rolprentbedryf, soos Ingrid Bergman, Lauren Bacall en Faye Dunaway. Gaan kyk die kortfliek wat saam met die parfuum uitgereik is, met model Laetitia Casta in die hoofrol, vir nuwe geur-inspirasie. Loer by www.ralphlauren.com.