Bobbi Brown se Extreme Party Mascara sorg nie net dat jou wimpers lank en verleidelik word nie, dit bevog boonop met vitamien A, C en E. Dié maskara sal ook nie smeer nie en is veilig, selfs al dra jy kontaklense.
Dis ook net betyds vir die feestyd en is eksklusief vanaf 11 November by Edgars beskikbaar. “Extreme Party Mascara is vir vroue wat die dramatiese voorkoms van vals wimpers wil skep, sonder die moeite,” sê Amerikaanse grimeerkunstenaar Bobbi Brown.