Jy moet meer as 200 000 keer frons voordat 'n lyntjie sal vorm, wys statistieke, sê Sonette Turner, velspesialis van Johannesburg

"Hier speel die voggehalte en die hoeveelheid olies in jou vel 'n groot rol." Gelukkig is daar hulp - selfs al het jy reeds fronslyne of lagplooitjies: "Goeie bestanddele om in te span is rooi en bruin alge (dit het 'n verfermingseffek op jou vel) en peptiede wat kollageenproduksie stimuleer en sorg dat jou vel soepel en ferm bly.

Vitamien A bly ook 'n staatmaker en help vir lyne, pigmentasie en selfs aknee," verduidelik sy.Volgens

Sonette is 'n jel-formule vir lyntjies om jou oë ideaal, aangesien dit die maklikste geabsorbeer kan word deur hierdie dun, sensitiewe deel van jou vel.

  • Vertrou Environ Ionzyme Focus Frown Serum (R1 080) om fronslyne te versag en
  • Estée Lauder Advanced Night Repair Eye Synchronized Complex (R495) om klaar te speel met lyntjies om jou oë.