As jy nog nie aan dié inisiatief deelgeneem het nie en graag op ’n manier wil help, kan jy aan Dermalogica se veldtog deelneem.

Dermalogica se FITE-veldtog beoog om lenings te gee aan vroulike entrepreneurs. Gewoonlik kry jy saam met sekere Dermalogica-produkte ’n unieke kode wat jy op hul webblad gaan intik om ’n skenking te bewerkstellig.
Vandag kan jy ook op ander maniere bydra! Doen dit só:

  • SMS jou wens vir vroulike entrepreneurs in die algemeen na 33496 en Dermalogica sal $1 (sowat R8) aan die FITE-veldtog skenk. Kyk net na SARIE se skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, se wens (foto bo)!
  • PJ Powers het ’n liedjie, “Half the Sky”, spesiaal vir die FITE-veldtog geskryf en opgeneem. As jy graag dié liedjie wil aflaai, SMS die woord “FITE” na 31755 (SMS kos R20) en Dermalogica sal die  opbrengs aan die veldtog skenk.
  • Besoek www.joinFITE.org/mandeladay, kies ’n vrou vir wie jy graag ’n lening sal wil gee, en Dermalogica skenk namens jou $1 vir haar lening.
* Foto: Die Dermalogica-span het vanoggend die strate van Sandton ingevaar om die aandag op die FITE-veldtog te vestig vir Mandela-dag. Hier is Stephanie Mulder van Dermalogica met SARIE se skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, se wens!

* Besoek www.joinFITE.org/sadermalogica vir meer inligting