Gedink dis net plooie en fyn lyntjies waarteen jy moet waak vir ’n mooi, gladde vel? Verkeerd. Ook pigmentasie kan ’n rol speel.

Gelukkig is daar nuwe produkte wat spesifiek daarop gemik is om jou vel helder en eweredig te laat lyk. Volgens ’n studie in die wetenskaptydskrif Evolution and Human Behavior voeg ’n oneweredige gelaat maklik 10 tot 12 jaar by jou ouderdom!

“Hierdie studie het gewys lyntjies is nie al sigbare teken van ouderdom nie,” sê Jane Wurwand, stigter van die skoonheidshuis Dermalogica. “Velkleur en helderheid is in die verlede geïgnoreer as aanduidings van ’n gesonde, jeugdige vel. Maar eintlik is albei belangrike faktore, nie net plooie en lyntjies nie.”

Veral pigmentasie word nog sleg verstaan, sê sy. Dis nie verniet dat Dermalogica juis op sy onlangse kongres in Istanboel sy splinternuwe reeks om pigmentasie te behandel bekend gestel het nie. Daar ís inderdaad antwoorde op jou vrae oor pigmentasie, en hoe om dit te voorkom en te verminder. WAT IS DIE HOOFOORSAAK?
Heelparty dinge dra by tot die vorming van pigmentasie, soos gene, sonblootstelling, hormone, stres en inflammasie, verduidelik Natalie do Pinherio, senior opleier by Dermalogica in Johannesburg. “Pigmentasie kom merendeels voor as gevolg van die son. As dit die enigste rede vir jou pigmentasie is, is dit die maklikste om te behandel. Wanneer sonblootstelling egter gekombineer word met hormone (bv. tydens swangerskap of wanneer jy op die Pil is), is dit moeiliker om te behandel. Mediese prosedures, chemikalieë (soos parfuum) en medisyne kan ook lei tot pigmentasie, maar ook dán kom dit gewoonlik eers voor ná blootstelling aan die son.” Dr. Daniel Maes, senior vise-president van Estée Lauder Navorsing en Ontwikkeling Wêreldwyd, glo ook die son is die grootste sondaar. “Velverdonkering, pigmentasie en ouderdomsvlekke vorm wanneer die vel geïrriteer word weens blootstelling aan die omgewing, soos besoedeling en UV-strale. Die vel skei dan ’n ensiem af wat lei tot die oorproduksie van melanien, die pigment wat jou vel kleur gee. Hoewel melanien noodsaaklik is om jou vel teen UV-lig te beskerm, is te veel daarvan nie goed nie: Dan vorm pigmentasie- of ouderdomsvlekke, ook bekend as lewervlekke.”

Hoekom sukkel vroue deesdae al hoe vroeër met pigmentasie?

Daar is twee redes, sê Daniel. “Eerstens ervaar vroue emosionele stres op ’n al hoe jonger ouderdom. Stres lei weer tot inflammasie, wat uiteindelik kan veroorsaak dat oortollige melanien afgeskei word. Daarby is die omgewing deesdae propvol besoedeling en sterker UV-lig, wat beteken dat jy van jongs af jou vel moet beskerm om te keer dat hierdie faktore tot velverkleuring lei.”
Natalie glo die byvoeging van hormone in kos kan ook tot die probleem bydra: “Ekstra hormone in kos, asook hormoonwanbalanse wat met die Pil reggestel word, kan alles lei tot pigmentasie sodra jy in die son kom.”

WATTER SOORTE PIGMENTASIE?
Daar’s twee. “Hiper-pigmentasie (in dié artikel praat ons hiervan bloot as pigmentasie) is die verdonkering van jou vel, hoofsaaklik weens sonskade. Die tweede soort – hipo-pigmentasie – is wanneer jou vel op plekke ligter word. Dit kan ongelukkig nie behandel word nie, aangesien die selle wat die vel se kleur produseer, vernietig is. Maar met slim grimeerkunsies kan jy dit wel verbloem,” verduidelik Natalie.
Volgens Daniel kon hy in sy navorsing oor Asiatiese vroue drie soorte hiper-pigmentasie identifiseer: oppervlakvlekke, hardnekkige ouderdomsvlekke en vlekke wat byna sigbaar is (en in die toekoms wel opsigtelik sal word). “Oppervlakvlekke gee jou vel ’n donker skadu of vaal voorkoms en word veroorsaak deur melanien wat binne-in dooie selle rondom jou porieë opbou. Hardnekkige ouderdomsvlekke verskyn ná erge en gedurige inflammasie, wat veral deur die son veroorsaak word. Dit beskadig die struktuur van die epidermis en die dermis (die buitenste en binneste lae van die vel) en bring mee dat melanien op spesifieke plekke onder die vel versamel om donker vlekke te vorm. Boonop gaan lê oortollige melanien onder die oppervlak van jou vel weens die konstante produksie van histamien nadat jy te lank in die son was,” verduidelik Daniel. Dit gee ’n oneweredige, verkleurde voorkoms, wat “byna sigbare vlekke” genoem word. “Van hierdie drie soorte is oppervlakvlekke die maklikste om te behandel en ouderdomsvlekke die moeilikste,” sê hy. Gelukkig kan dit verbloem word.

STEEK DIT SLIM WEG . . .

 


Almay Bright Eyes Eye Base + Concealer (R120)
Rimmel Stay Matte Make Up (R79,95)
Yardley Treatment Concealer Stayfast Coverage (R54)

Met Revlon
Custom Creations
(R190) kan jy die perfekte kleur kry,
want deur die
spuitprop te draai, kan jy dit verstel
sodat dit die perfekte kleur
vir jóú meng!
Verhelder jou oë en verbloem
donker kringe
met Almay Bright Eyes
Eye Base + Concealer (R120).
Keer die
olierigheid
van ’n kombinasievel
met Rimmel Stay Matte Make Up (R79,95).

Probeer Yardley
Treatment Concealer Stayfast Coverage (R54,95), wat
kringe om jou oë en
merkies op jou gesig
met verskillende
formules verbloem.

Gee jou vel ’n eweredige
voorkoms met
Bobbi Brown
Creamy Concealer Kit (R280).
Dit bestaan uit verbloemer
en los poeier.


HOE KAN PIGMENTASIE VOORKOM EN BEHANDEL WORD?

Die behandeling is gewoonlik ’n kombinasie van twee dinge: afskilfering en produkte wat jou vel ligter maak. “Afskilfering help om ’n egalige oppervlak te skep en moedig jou selle aan om vinniger te vernuwe,” verduidelik Natalie. Volgens haar is melksuur en vitamien C twee van die geslaagdste bestanddele om pigmentasievlekke ligter te maak.

“Produkte wat jou vel ligter en helderder maak, bevat ook bestanddele wat die vorming van melanien onderdruk. Dit help pigmentasie in die toekoms voorkom.” Sy sê jy moet pigmentasiebehandeling ses tot agt weke kans gee voor jy resultate sien. “Dit neem omtrent 45 dae vir bestaande melanien om afgebreek te word. Dit sal ook nie help as jy nie ’n sonsbeskermingsfaktor van minstens 15 dra wanneer jy buite is nie.” Wees ook realisties, maan sy. “Dis onwaarskynlik dat ’n pigmentasie-vlek heeltemal sal verdwyn, maar jy kan beslis die intensiteit daarvan verminder.” KIES DIE REGTE BEHANDELING

 

Dermalogica Chroma White Pure Light SPF 30 (R720)
Placécol Renaissance EvenTone Complexion Cream SPF
Innoxa Skin Even Enlighten Concentrated Serum
Comfort Zone Absolute Pearl Corrector (R629,34)
Estée Lauder Time Zone Line and Wrinkle Reducing
Verhelder en
bevog jou vel
met Dermalogica
Chroma White Pure
Light SPF 30 (R720),
wat ook pigmentasie
voorkom.
Sorg vir jou vel met
Placécol Renaissance
EvenTone Complexion
Cream SPF 15 (R285).
Dit hou ook skadelike
UVA en UVB-sonstrale
weg.
Verhelder ’n dowwe
gelaat met vitamien
C en E in Innoxa
Skin Even Enlighten
Concentrated Serum
(R149,95).
Voorkom en verminder
donker vlekke op
jou vel met
Comfort Zone
Absolute Pearl Corrector
(R629,34).
Kies ’n produk ryk
aan antioksidante en
wat ook ’n SBF bevat, soos Estée Lauder Time
Zone Line and
Wrinkle Reducing
Creme SPF 15. Die antioksidante
beskerm jou vel
teen inflammasie
en hou dit jonk.

 

Watter bestanddele is noodsaaklik om pigmentasie te behandel?

Daar is uitstekende produkte op die mark, maar ook ander wat net jou geld mors: “Wees versigtig vir produkte wat kojic acid en hydroquinone bevat. Navorsing het bevind hierdie bestanddele is skadelik vir jou vel en dis selfs in sommige lande verbied,” sê Natalie. Dermalogica gebruik veral alg-ekstrak om pigmentasie te behandel en te voorkom.
VAN WAAR DIE HUIDIGE BEWUSTHEID VAN PIGMENTASIE?
“Dis ’n probleem waarmee al hoe meer mense sukkel – veral vroue, omdat hormone ’n bydraende faktor is,” verduidelik Natalie. Volgens haar word
jaarliks wêreldwyd meer as $15 miljard aan produkte bestee om pigmentasie te behandel. In Amerika het die verkope van produkte wat jou vel ligter maak verlede jaar met 24% gestyg – en dit net in die elite-marksegment.

HALLO, HELDERHEID!


Normale en
kombinasievelle
sal baat vind by
Almay Polishing
Mask (R105)
wat van onsuiwerhede
ontslae raak om
jou vel se tekstuur
te verbeter.
Hernu jou kragte
en vel met
Twinings
Revitalise-tee
(R50).
’n Ekstrak van blou
alge in La Mer
The Radiant
Infusion
(R750) verhelder
’n dowwe
gelaat en
verklein porieë.

 

Gee jou vel ’n helder
en vars voorkoms
met Clarins
Bright Plus Brightening
Peel (R300) wat ook
pigmentasie beveg.
Wend vir ’n gladder
voorkoms Revlon
Age Defying
Instant Firming
Face Primer
(R150) onder
jou grimering aan.
Die regte
voedingstowwe
kan jou vel van binne
verbeter, soos Equavie
Grains (R490). Dis veral
ryk aan vitamien E.
Help jou vel
om vogvlakke
te behou met
The Body Shop
Vitamin E
Moisture
Serum (R95)
voor jy jou
vogroom
aanwend.