Nie net kan ons meer oor dié bekende modeontwerper se lewe leer in die rolprent Coco Avant Chanel wat tans wys nie, hierdie huis spog boonop met 'n nuwe geur! Chanel Cristalle Eau Verte (R990 vir 100 ml EDT) is 'n vars en verkwikkende weergawe van Cristalle Eau de Toilette wat in 1974 geskep is deur Henri Robert en 20 jaar later opgevolg is deur Jacques Polge se Eau de Parfum-weergawe.