Retinol is ’n gekonsentreerde vorm van vitamien A wat as die super-bestanddeel in velsorg besing word.

Die skoonheidswêreld gons daaroor. Dermatoloë meen dis een van die beste bestanddele teen veroudering. Reese Witherspoon gebruik dit as haar geheime wapen teen velprobleme en SARIE-bekendes lys dit gereeld as hul top-middel. 

Dié velsorgbestanddeel kom in baie vorme voor – van serums en behandelingsolies tot oog- en gesigrome. Wanneer retinol egter aan lug en lig blootgestel word, verloor dit effektiwiteit. Elizabeth Arden Retinol Ceramide Capsules Line Erasing Night Serum (R599 vir 30 en R1 025 vir 60) bied ’n oplossing – retinol in kapsulevorm.

HIER’S DIE VOORDELE VAN RETINOL:

Retinol is ’n suiwer en gekonsentreerde vorm van vitamien A wat talle velprobleme behandel – van fyn lyntjies en plooie tot donker vlekke, aknee, droogheid en selfs ’n sensitiewe vel.

1. PLOMPER VEL: Retinol het die vermoë om kollageen te stimuleer en die tempo waarteen jou velselle vernuwe, te bespoedig sodat jou vel plomper en fermer lyk.

2. PLOOIE EN FYN LYNTJIES: Dit skilfer onsigbaar die boonste deel van jou vel af vir ’n gladder, stralende gelaat en verbeter die voorkoms van plooie en fyn lyntjies.

3. DROË VEL: Dit normaliseer jou vel se natuurlike bevogtigingstelsel sodat jou vel homself beter kan hidreer.

4. VOLWASSE AKNEE: Omdat retinol jou vel afskilfer, verwyder dit ook dooie velselletjies en onsuiwerhede vanuit jou porieë. Dit help ook om jou porieë kleiner te laat lyk.

5. PIGMENTASIE: Die afskilfering help ook om donker vlekke en pigmentasie oor tyd ligter te maak. 

Elizabeth Arden se Ceramide-reeks
Elizabeth Arden se Ceramide-reeks

SÓ GEBRUIK JY RETINOL:

Elizabeth Arden se Ceramide-reeks beskerm retinol se aktiewe bestanddele.

Die bio-afbreekbare kapsules seël die sterkte en varsheid in, en verseker dat jy met elke aanwending die optimale hoeveelheid gebruik.

Breek die kapsule oop om die produk op jou gesig, nek én bors aan te wend. Wend dit saans aan nadat jy jou vel gereinig het. Jy hoef nie jou bestaande velsorgroetine te verander nie, jy kan net retinol byvoeg. Gebruik die produk eers net so een of twee keer per week saans totdat jou vel gewoond is daaraan en dan geleidelik meer. Jou vel pas binne omtrent twee weke aan.

Onthou: Retinol is ’n aktiewe bestanddeel en baie gekonsentreerd, so jou vel kan effens droog en rooi word en selfs sigbaar ’n bietjie afskilfer. Moenie dat dit jou afskrik nie, jou vel sal vinnig aanpas.

Vir meer inligting besoek Elizabeth Arden se webtuiste. Elizabeth Arden Retinol Ceramide Capsules en Elizabeth Arden se Ceramide-reeks is beskikbaar by uitgesoekte kettingwinkels.