Dis 'n parfuum wat gaan oor die idee van versoeking. Vir hierdie geur (R465 vir 30 ml EDP) is roosgeure vermeng met viooltjie om 'n aura van onweerstaanbaarheid te skep. Cacharel sê hulle het hierdie Oosterse blomgeur spesiaal geskep vir vroue wat hou van die kollig en gereed is om te verlei, of om verlei te word!