Hier is 'n paar wenke om te sorg dat jou vel hierdie winter sag en soepel bly: 

  • Probeer om jou blootstelling tot enige vorm van hitte, soos verwarmers en lugreëling, te beperk.
  • Drink baie water om jou vel se natuurlike vog te behou.
  • Maak seker jy gebruik die regte produkte vir jou veltipe, die verkeerdes sal ’n droë vel aanhelp.
  • Vermy produkte met alkohol in wat ’n droë vel irriteer.
  • Gebruik louwarm water wanneer jy jou gesig was, warm of koue water kan gebarste aartjies veroorsaak.
  • Sluit jou roetine af met ’n goeie vogroom.
  • Probeer om ’n paar druppels van 'n weefselolie, soos Bio-Oil, by jou badwater te voeg om jou vel vogtig te hou.