Hy was veral bekend vir die kort, geometriese haarstyle wat hy só gesny het dat die beenstruktuur van elke vrou in sy stoel tot sy reg gekom het. 

Hier is van sy mees ikoniese style:

Een van Vidal Sassoon se goeie vriendinne en ontwerper van die miniromp, Mary Quant. Vidal het haar hare in 'n baie kort bob gesny. Sy het hom die "Chanel van hare" genoem.
Mia Farrow is in goeie hande Vidal het die aktrise Mia Farrow se hare baie kort gesny vir haar rol in die fliek Rosemary's Baby. Die styl was ná die uitreiking van die fliek baie gewild.
Met 'n geliefkoosde Denman haarborsel Hy was mal oor Denman-haarborsels. Hier is nog een van sy ikoniese kort haarstyle. Vidal wou style skep wat vroue met min moeite kon beheer.