Ons lewe met kontraste: ragfyn kant en sensuele leer, swart en wit, luuks en aards, pret en erns, modern en klassiek. Perfek vir die vrou wat self besluit hoe sy haar uniekhede wil uitleef.

Dis sý wat die Italiaanse modehuis Valentino se parfuum, Valentina (R745 vir 50 ml EDP), geïnspireer het. Dis ’n blom-Oosterse geur wat wemel van kontraste: ’n geurhart met talmende jasmyn, lemoenbloeisel en soetemaling, met wilde-aarbei wat dit effens rebels maak; bergamot (peer) is vars, maar saam met wit truffels is dit ’n bietjie astrant, en die adellikheid van sederhout is smeulend saam met amber.

’n Kunswerk wat die interessante teenstellings van vroue saamweef.

Die lewe met kontraste: ragfyn kant en sensuele leer, lukks en aards, modern en klassiek

Die advertensie vir die parfuum Valentina is in Rome geskiet, met die Italiaanse model Freja Beha Erichsen as die kleurryke Valentina.

Valentina deur Valentino

KUIER AGTER DIE SKERMS OP STEL IN ROME