Die Franse skoonheidshuis Givenchy het ’n groep beperkte produkte as deel van sy Croisière-grimeerreeks bekend gestel, wat jou gereed vir die somer sal laat voel.

Die somerson is die inspirasie vir die nuwe lipstiffie, naellak en parfuum van die skoonheidshuis. Jy kan Givenchy Croisière Le Rouge (R435) in twee nuwe, beperkte skakerings kry. Probeer dit in Croisière Fuschia of Croisière Coral.

FOTO: Givenchy FOTO: Givenchy

Die helder kleure komplementeer ’n sonbruin vel én skep die perfekte somergevoel.

Givenchy Croisière Les Vernis (R265) laat jou die someratmosfeer ook op jou vingerpunte en toonnaels voel! Die warm skakering van Croisière Mat Orange sal pragtig by die dieppienk lipstiffie werk, terwyl die glansende pers skakering van Croisière Purple die ideale pasmaat op jou naels is wanneer jy die koraalkleurige lipstiffie dra.

FOTO: Givenchy FOTO: Givenchy

Voorts kan jy ook die geur van somer vasvang met die nuwe, beperkte Very Irrèsistible Givenchy Édition Croisière (R835 vir 75 ml EDT). Pinksterroos, Italiaanse bergamot, frangipani-bloeisels, katjiepiering en magnolia maak hierdie vars blomgeur die perfekte parfuum vir die vakansietyd.

Watter geure en kleure vang die somer vir jou die beste vas?