Lente en somer is bruide se gunsteling-seisoen vir hul groot dag. Maak seker die ruikers is nie die enigste geur wat op jou troudag in die lug hang nie en kies een van dié spesiale parfuums.

Kry hier na al die paartjies wat al vir ons Bruidspaar van die Jaar 2013/2014 ingeskryf het!

Jo Malone Peony & Blush Suede

Met pinksterroos in die middelste note van Jo Malone se nuwe geur, Peony & Blush Suede (R1 100 vir 100 ml EDC) is dié parfuum ideaal vir ’n lente-troue! Rooi appel in die boonste note en suede in die onderste note maak dit verfrissend én spesiaal. Beskikbaar by Jo Malone in Hyde Park en V&A Waterfront, asook by die Jo Malone-toonbanke in Stuttafords in Sandton City en Eastgate. Skakel 0800 005 526 vir landwye aflewering.

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

Kenzo Flower in the Air

Voel so vars soos die bloeisels in die lentelug met Kenzo Flower in the Air (R915 vir 50 ml EDP). Dié parfuum is ’n ligte blomgeur met note soos framboos, pienk peper, roos, magnolia, katjiepiering en wit muskus.

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

Kyk Kenzo Flower in the Air en nóg lente-parfuums se advertensies hier

Swarovski Aura Collection Mariage

Dié beperkte uitgawe is spesiaal vir ’n bruid se groot dag geskep, met blomnote soos lotus en pinksterroos. Ander note wat Swarovski Aura Collection Mariage (R595 vir 50 ml EDT) besonders maak is tee, lietsjie en muskus.

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

SARIE BRUID is op die rakke! Loer binne dié prag-uitgawe hier!