Hierdie romerige oogskadu’s is binnekort in 8 glimmende partytjie-kleure beskikbaar – betyds vir die feestyd wat ook al weer om die hoek loer! Die veerligte formule wend maklik aan en maak nie voue nie. So wees op die uitkyk vir Bobbi Brown Metallic Long-Wear Cream Shadows, wat eksklusief by Edgars beskikbaar sal wees. "Met hierdie oogskadu’s is dit nie nodig om funksionaliteit bo styl te kies nie. Jy kry langdurige dra in die mees glansryke skakerings ooit!” – Bobbi Brown