Dis Dree Hemingway, die agterkleindogter van die bekende skrywer Ernest Hemingway. Sy is die gesig van Paco Rabanne se nuwe Lady Million-parfuum (R690 vir 50 ml EDP) wat ruik na amber, jasmyn en katjiepiering. Dree vertel hoekom sy versot is oor haar nuwe rol:

Dra jy parfuum?

Ek koop soveel parfuums as moontlik. Dis 'n obsessie by my, veral omdat ek mal is oor die bottels. 

Wat beteken parfuum vir jou?

Ek dink dit is iets wat jou kan personifiseer en as dit die geval is, dan glo ek jy kan dit ook 'n wapen van verleiding noem!