Vyf heerlike nuwe geure maak hierdie lente hul verskyning. In hierdie nuwe parfuum-versameling van D&G is daar 'n geur vir elkeen: twee vir vroue, twee vir mans en een vir mans en vroue.

Hul L’Impératrice 3-geur (R720 vir 100 ml EDT) vir vroue, waarvan Naomi Campbell die gesig is, is 'n vermenging van onder meer kiwi- en waatlemoen-note en is 'n uitspattige en energieke parfuum.

Maar ons kan nog nie te veel verklap nie! Hou SARIE se November-uitgawe dop vir nog opwindende nuus oor hierdie reeks.