Nou verkeer sy in die mooie geselskap van Halle Berry, Jennifer Connelly, Jessica Alba, Beau Garrett en Elle Macpherson.

Dié uitgelese groepie skryf die fraai blos op hul wange toe aan Revlon se Powder Blush, wat teen R120 ook jóú sak sal pas. Dis boonop goed vir jou vel, met bestanddele soos groentee en druiwesaad.

Jessica het ook pas aan die EIF Revlon Run/Walk For Women deelgeneem, saam met Jennifer Connelly en Jessica Alba. Met hierdie uitreikprogram het Revlon al $65 miljoen ingesamel vir navorsing en ondersteuning van programme wat vroue (veral dié met borskanker) se gesondheid probeer verbeter.