Jeannie In A Bottle (R330 vir 50 ml EDT, by www.forma-cosmetix.com of vanaf 1 Desember by Clicks) is ’n Oosterse blommegeur met sitrus, vrugte, blomme, speserye en hout in die boonste - en hartnote terwyl amber, muskus en vanielje van die onderste note uitmaak.

“Ek is mal oor die blomprofiel van hierdie geur en is seker ander mense gaan net so dol daaroor wees,” sê die ster.

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

Sy is nie die enigste bekende met ’n nuwe geur nie. Kim Kardashian, kleinsus Khloé en Nicki Minaj se nuutste geure is ook nou beskikbaar.

Katy Perry en Shakira se nuutste geure

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

Nicki Minaj se tweede parfuum, Minajesty (R395 vir 30 ml EDP) is propvol vars blomme- en vrugtenote, afgerond met vanielje en wit muskus. Perskegeure, magnolia en pienk frangipani kom ook sterk deur in hierdie soet geur.

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

Kim Kardashian Pure Honey (R610 vir 100 ml EDP) vang Kim se persoonlikheid vas met note soos heuningkoek, muskus, kokosneut, freesia en kamferfoelie.

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

Hoewel niemand seker is oor wat tussen Khloé Kardashian en Lamar Odom aangaan nie, is hul nuutste geur, Khloé and Lamar’s Unbreakable Love (R522 vir 100 ml EDT) nou in Suid-Afrika beskikbaar. Met note soos bamboesblomme, bergamot, sederhout en muskus is hierdie geur ideaal vir vroue én vir mans!

Justin Bieber en nog bekendes se parfuum