80% van ons vel se veroudering vind plaas as gevolg van die son,” sê dr. David Orentreich, Clinique-dermatoloog. Ken jou feite en wees slim teen die son: ¦ Selfs binne die eerste minuut van sonblootstelling kan skade aangerig word.  ¦ Sonbrand word deur UVB-strale veroorsaak en kan in die somer binne 20 minute plaasvind.  ¦ 'n Sonbruinvel is eintlik 'n teken van sonskade.  ¦ UVA-strale se langtermyn-uitwerking is skadeliker as UVB-strale. Hoewel UVB-strale nie so sterk is in die wintermaande nie, is UVA-strale heelj aar ewe sterk. ¦ As jy reeds gebrand het, sal Clinique After Sun Rescue Balm with Aloe (R240) jou vel kalmeer en help om blywende skade te keer. (Al Clinique se sonbrandrome beskerm jou vel teen UVA- én UVB-strale.)