Deel

Weg met my vullers, sê aktrise Courteney Cox

akkreditasie

Die 53-jarige Courteney Cox het al die vullers in haar gesig laat oplos. Die Friends-ster het onlangs aan die internasionale skoonheidstydskrif New Beauty erken sy het vullers beproef om te voorkom dat alles met die ouderdom begin “hang”, maar dit het haar onnatuurlik laat lyk. “Nou is ek so natuurlik as wat ek kan wees.”

Die donkerkop-aktrise het ook ’n ruk gelede tydens ’n episode van die werklikheidsreeks Running Wild With Bear Grylls teenoor die avonturier Bear Grylls erken sy is spyt oor die estetiese behandelings wat sy op haar gesig laat doen het, berig E! News.

@nbcrunningwild returns TONIGHT with guest #CourteneyCox. Tune in at 10/9c on @nbctv! #RunningWild

A photo posted by Bear Grylls (@beargrylls) on

In die onderhoud met New Beauty sê Courteney dis moeilik om ouer te word in Hollywood en sy het gedink jou voorkoms is die belangrikste ding wat daar is. “Dis hartseer, want dit het my in die moeilikheid laat beland. Ek het so hard probeer om by te hou, maar dit het dinge net vererger.”

Sy vertel ook ’n dokter sal sê sy lyk goed, maar dan byvoeg dat “’n inspuiting hier of ’n bietjie vuller daar” sal help. Aanvanklik lyk jy goed, sê Courteney, maar voor jy jou oë uitvee, is daar lae en lae vuller in jou gesig. “Dit gebeur geleidelik tot jy op ’n dag dink, genade, dit lyk nie reg nie.”

Só het Courteney in 2011 gelyk.

Courteney sê: “Ek voel beter, want ek lyk soos myself. Ek lyk nou meer soos die mens wat ek was.”

Courteney in Julie verlede jaar.

Courteney soos sy nou lyk, op die voorblad van New Beauty:

Oornag jonger

Hoewel sowat 23 miljoen mense wêreldwyd in 2013 estetiese behandelings soos vullers gekies het om die horlosie te help terugdraai, is dit steeds iets waarvoor baie vroue (en mans) skrikkerig is, deels oor die skokbeelde van Hollywood-sterre se onnatuurlike en “oordoende” gesigte wat dikwels op TV en die internet te sien is.

Tog is vullers een van die doeltreffendste en vinnigste maniere om diep plooie te versag, volume in jou gesig te herstel en jou veltekstuur te verbeter. Maar dis ook belangrik om dit nooit te oordoen nie.

Vroue laat spuit soms meer vuller in as wat nodig is, het dr. Kuldeep Minocha, ’n estetiese dokter van Engeland, by ’n geleentheid in Berlyn aan SARIE se skoonheidsredakteur, Charis van den Heever, verduidelik. Dit is jou dokter se verantwoordelikheid om nee te sê as jy vra vir te veel, sê hy.

Wat dink jý?

Bronne: www.eonline.com, www.nymag.com

Lees nou

Dié 5 kleure laat donkerkoppe fantasties lyk

Dié bekende sanger gaan nooit weer grimering dra nie!

JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees