Die Bobbi Brown-grimeerskole is die ideale geleentheid vir jou om daardie fyner kunsies van grimering aan te leer. Die grimeer-ghoeroes gaan hulle beste wenke, van velsorg tot jou unieke grimeerstyl, met jou deel. Hulle doen nie verniet die grimering van beroemdes en bekendes wêreldwyd nie. 

Jy kan dit bywoon! Jy kies watter plek jou pas, en maak seker jy kies jou provinsie in die inskryfvorm hieronder wanneer jy inskryf. Dis maklik! Die sessies duur 2 ure elk en word twee keer per dag om 12h00 en om 16h00 aangebied. (Jy kan egter nie jou prys ruil vir produkte nie)

Johannesburg - 15 tot 28 Februarie
By die Edgars-grimeertoonbanke in Melrose Arch, Sandton, East Gate of Westville.

Pretoria - 1 tot 7 Maart
By die Edgars-grimeertoonbank in Menlyn

Kaapstad - 15 Februarie tot 7 Maart
By die Edgars-grimeertoonbanke in die V&A Waterfront, Tygervallei-sentrum en Claremont-inkopiesentrum