Stap 1
Kies ’n oogskadu-kleur wat by jou hare en wenkbroue pas.
Dit kan eerder ’n skakering of twee ligter as jou eie wees as wat dit
te donker is. Oogskadu gee ’n sagter afwerking as ’n wenkbroupotlood.

Stap 2
Stap 3
Stap 2
Gebruik ’n wenkbrou-borsel of wenkbrou-maskara om die haartjies reg te laat lê. (Laasgenoemde lyk byna soos maskara, maar bevat ’n deurskynende formule wat jou wenkbroue opknap en in posisie hou.)
Stap 3
Gebruik die poeier-oogskadu om yl wenkbroue in te vul. Begin binne waar die wenkbrou begin (bokant die oog se binnehoek) en maak seker jy vul al die gaatjies in.
Stap 3 Stap 5
Stap 4
Vul jou wenkbroue só in dat jy ’n boog skep.
Hou ’n potlood vertikaal oor die middel van jou oog. Waar dit oor jou wenkbrou kruis, is waar die
boog buitekant moet begin.
Stap 5
Kyk of jou wenkbroue lank genoeg is. Jy kan die illusie van langer wenkbroue skep deur oogskadu met die borseltjie se plat kant verder aan te wend.

Wenk

Wenkbroue moet reg bo die binnehoekie van jou oë begin, met die boog driekwart verder aan.

Spesiale gevalle

  • Wenkbroue wat besonder yl is, kan reggestel word deur die leë dele in te vul met 'n wenkbrou-potlood een skakering ligter as jou wenkbroue.
  • Eindig met 'n laag oogskadu bo-oor in dieselfde kleur as die res van jou wenkbroue.
  • Skewe wenkbroue sal ook vorm en definisie kry met hierdie 5 stappe - vul jou wenkbroue só in dat 'n deurlopende lyn sigbaar word.