Met die regte sorg kan jy die res van die winter en vroeglente aandurf sonder om jou mond agter ’n serp te wil wegsteek.

Omdat die vel van jou lippe dunner en delikater as die res van jou gesig is, word dit erger geaffekteer deur die wind, koue en in die binneland droë lug. Dus verg jou lippe ekstra aandag en sorg gedurende die harde wintermaande.   

Die grimeerkunstenaar Bobbi Brown deel haar wenke vir sagte, soenbare lippe:

  • Moenie jou lippe lek nie. Die speeksel ontneem dit van enige vogtigheid wanneer dit opdroog.
  • Raak ontslae van droë vel deur oogroom aan te smeer en dan liggies met ’n tandeborsel of waslap daaroor te vryf.
  • Wend ’n ryk lipsalf aan wat bestanddele soos avokado en galambotter bevat. Dit help gebarste vel en die verlies van vog voorkom.
  • Bly weg van matlipstiffies wat jou lippe kan uitdroog. Gebruik liewer lipglans of ’n gekleurde lipsalf.   

ONS KEUSE

Probeer gerus La Mer The Lip Balm (R520) om jou lippe sag te hou. Dié strelende lipsalf – ’n hoë konsentrasie van die formule van Crème de la Mer – bevat bestanddele soos Lip Lipid Complex en Marine Anti-Freeze Protein wat jou lippe dadelik gladder en sagter laat voel terwyl dit droogheid verminder.