Dié stad was ook een van Coco Chanel se gunstelinge. Die kleure in die reeks is sagte waterkleure, met hier en daar iets meer teatraal vir die aand – in diep pruimkleure. Die reeks bly getrou aan Coco se uitkyk op die lewe: dat skoonheid en elegansie pret moet wees en maklik is om te geniet. Probeer ook die reeks se wit naellak: Chanel Le Vernis in Intermezzo. Jy kan dit in 'n japtrap aanwend en dit skep die illusie van 'n Franse manikuur.