Vroue lyk blykbaar op hul slegste op ’n Woensdagmiddag om 15:30. Só het ’n studie bevind.

Die rede? Want dís die tyd wannneer verskeie faktore wat ons ouer laat lyk, saamwerk, berig The Telegraph. Lees die volle berig hier.

In ’n meningspeiling deur St. Tropez, die Amerikaanse verbronser-vervaardiger, is die volgende oor die tipiese Amerikaanse vrou se Woensdagmiddag vasgestel:

Stres

12% van die vroue reken dat Woensdag hul stresvolste dag in die week is, terwyl 19% meen dat dít ook die dag is waarop hulle meestal geneig is om deur hul middagete te werk.

Moegheid

Twee derdes het gesê dat hulle energievlakke op Woensdae daal - min of meer in die middel van die dag. 25% van die vroue sê dis die tyd wat hulle ingee en ’n suikerhappie eet om beter te voel.

Slegte nagrus

Meer as ’n derde het gesê dat hulle op ’n Maandagaand sleg slaap. Vorige studies het bewys dat die effek van ’n slegte nagrus eers ná twee dae op jou vel wys, dus Woensdag.

Drank

Die toksiene in alkohol en suiker (wat baie vroue oor die naweek inneem) se effek word na bewering ook eers ná 72 uur op die vel gesien.

Tel dit bymekaar

Meer stres, minder energie, alkohol en ’n slegte nagrus agter die blad maak dan dat vroue op ’n Woensdagmiddag teen 15:30 op hul oudste lyk - dít is wat St. Tropez bevind het.

Lees nóg statistieke oor ’n Woensdag HIER. Ons is nie heeltemal oortuig van die wetenskaplike aard van dié studie nie, maar elke vrou kan elke dag iets doen om haar vel beter te versorg - dit is immers ons grootste orgaan. SARIE se skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne gee raad in haar blogs. Hier is 3 van haar wenke: 1. Vroue skeep dikwels hul wenkbroue af wanneer hulle grimeer, en tog kan dit ’n groot verskil aan jou voorkoms maak as jy jou wenkbroue net so ’n bietjie versorg. Welige wenkbroue is steeds ’n trend en sy volg hierdie wenke sodat dit voller lyk.

2. Laat jou krulle hul vorm heeldag hou deur dit die oggend met ’n stileeryster (hair straightener) te vorm. Kry só natuurlike golwe én glanskrulle met jou stileeryster.

3. Sy is ’n groot aanhanger van afskilferaars met bestanddele soos salisiel-, melk- en glikolsuur. Lees hier hoekom jy jou vel moet afskilfer.

Kry nog van Charis se raad op SARIE.com

Bronne: The TelegraphDViceSARIE.com