Met ’n potjie deursigtige grimeerpoeier in jou skoonheidskas kan jy baie doen! Dié veerligte poeier is gewoonlik die laaste stap in jou grimeerroetine en sorg dat jou grimering heeldag hou. Maar jy kan soveel meer doen met dié produk.

Charlene Warwick, ’n grimeerkunstenaar en voorkomskonsultant van Face & Grace Make-up Agency, deel haar 5 gunsteling- bykomende gebruike vir deursigtige poeier:

1. Voorkom klam handpalms en voete, veral tydens die warmer maande, deur ’n tikkie deursigtige poeier aan jou handpalms en voetsole te tik. Die poeier sal oortollige olie en water absorbeer sodat jou hande en voete heeldag vars en droog bly.

2. Hou jou oogskadu deur die dag én aand vars met ’n tikkie onderlaag aan jou ooglede, gevolg deur deursigtige poeier, voordat jy oogskadu aanwend.

Wend só jou blos korrek aan

3. Die geheim vir voller wimpers? Wend ’n laag maskara aan, sprinkel ’n bietjie poeier oor jou wimpers en wend dan nóg ’n laag maskara aan. Voilà!

4. As jou oogomlyner geneig is om te smeer, kan jy ’n klein grimeerborsel gebruik om deursigtige poeier bo-oor jou oogomlyner te tik. Jou oogomlyner sal heeldag mooi lyk.

5. Gebruik deursigtige poeier as plaasvervanger vir ’n droë sjampoe. Werk ’n klein hoeveelheid poeier in jou haarwortels in om olierigheid te verwyder én volume te skep. Gee nuwe lewe aan jou grimering - lees meer!

Probeer dié deursigtige poeiers:

Sê tot siens aan onderlaag wat aangeplak lyk