’n Besige leefstyl staan dikwels in die pad van ’n goeie skoonheidsroetine, maar daar is dinge wat nié afgeskeep kan word nie. Duncan Pape, ’n stilis en skoonheidskonsultant van die Langaro Lifestyle Centre in Kaapstad, gee sy top-3 moets en moenies wanneer dit kom by jou roetine:

Top-3 moets:

  • Wend ’n sonskerm aan en moenie nét op die SBF in jou vogroom staatmaak nie.
  • Probeer om een keer ’n maand vir ’n gesigbehandeling te gaan by ’n salon. Dit sal die gesondheid van jou vel oor die lang termyn verbeter.
  • Gebruik twee maal per dag ’n verfrisser (toner). Dit sal jou vel se vogvlakke verbeter.

Top-3 moenies:

  • Moenie jou maskara vir langer as drie maande gebruik nie. Dit is onhigiënies.
  • Moenie van ’n basislaag (primer) vóór jou onderlaag vergeet nie. Dit sorg dat jou onderlaag die hele dag hou en voorkom dat porieë verstop word.
  • Moenie van jou lyf vergeet nie! Gebruik ’n lyfskrop en -room om jou vel sag en soepel te hou.