Elke vrou het haar eie behoefte wanneer dit by wimpers en maskara kom – sommige van ons wil lang wimpers hê, ander gekrulde wimpers. Die geheim agter die perfekte voorkoms vir jou wimpers is die vorm van jou maskaraborsel.

  1. Borsels met kurwes

    ’n Maskaraborsel waarvan die vorm soortgelyk is aan die ronde kurwe van jou oog, sal jou wimpers ’n pragtige krul in ’n opwaartse rigting gee.

  2. Kort borsels

    Sukkel jy met kort oogwimpers? Probeer ’n klein, kort borsel met dikker haartjies. Dit stel jou in staat om jou wimpers makliker by te kom.

  3. Digte borsels

    Vir ekstra volume kan jy ’n groot, ronde maskaraborsel gebruik waarvan die hare dig teen mekaar gespasieer is.

  4. Borsel soos 'n kam

    Jou wimpers kan lank en gedefinieerd lyk as jy ’n maskaraborsel gebruik waarvan die hare eweredig versprei is. So ’n borsel lyk gewoonlik baie soos ’n kam en gee nie veel volume nie.

  5. Klassieke borsels

    Het jou wimpers die lengte, volume en definisie waarvan die meeste vroue droom? Dan kan jy die klassieke maskaraborsels gebruik waarvan die borselhare ’n gemiddelde lengte en ook ’n gemiddelde afstand van mekaar af is. Dit sal bloot jou wimpers kleur gee en die goeie eienskappe beklemtoon.

FOTO: Elmari de Vos

FOTO: Elmari de Vos
Bronne: michellephan.com, intothegloss.com en divinecaroline.com