Haarpaadjies kan ’n groot impak op jou voorkoms – die verkeerde paadjie kan jou gesig groot laat lyk terwyl die regte paadjie al jou beste gelaatstrekke kan beklemtoon.

Watter haarpaadjie pas by watter gesigvorm?

Ons is almal met ’n natuurlike paadjie gebore – dié paadjie behoort jou gesig die beste te komplementeer.

Was jou hare en gebruik ’n handdoek om die meeste water uit te druk. Kam jou hare nou na agter. Waarheen val dit natuurlik? Dít is waar jou natuurlike haarpaadjie lê!