Of dit jou groot dag of ’n aand uit is, daar is altyd ’n kamera om die oomblik vas te vang. Lyk foto-gereed met dié wenke van Charlene Warwick, ’n grimeerkunstenaar en voorkomskonsultant van Face & Grace Make-up Agency.

  1. Rond jou grimeervoorkoms af met ’n deursigtige poeier wat nie die bestanddeel talk bevat nie. Dié bestanddeel gee ’n tikkie glans aan poeiers en is daarom geneig om jou gesig baie te laat blink op foto’s.
  2. Vir ’n meer natuurlike voorkoms, gebruik ’n ligte BB- of CC-room pleks van ’n onderlaag – dit sal  genoeg bedekking bied, sonder dat jy oordoen lyk.
  3. As jy onderlaag verkies, wend jou onderlaag in die middel van jou gesig – jou neus, voorkop en ken – aan en skakeer dit dan uitwaarts met ’n onderlaagborsel.
  4. Vermy oogskadu’s en verbronsers wat baie blink omdat dit nie mooi afneem nie en jou op ’n foto ouer kan laat lyk. Kies eerder skakerings met ’n mat-afwerking.
  5. Wenkbroue is geneig om uit te staan in foto’s. Vul daarom jou wenkbroue net liggies in deur met ’n wenkbrou-potlood of oogskadu ’n lyn aan die onderkant van jou wenkbroue te trek en dan liggies opwaarts te skakeer.

Tennisster slaan ’n kishou voor die kamera - lees meer!

Gebruik dié produkte vir die perfekte foto-voorkoms:

Sh'Zen Flawless Finish Primer (R249)

Diorskin Star Studio Makeup SPF 30 in Medium Beige (R680). By uitsoekwinkels van Edgars.

Clarins Graphic Expression Face & Blush Powder (R375)

Lancôme Grandiôse Mascara (R399)

Estée Lauder Pure Color Envy Sculpting Lipstick in Insolent Plum (R345)

Skoonheidshuis stel unieke maskara bekend